top of page

WAYNE & JANENE
GADD-CLAXTON

Baie dankie Mari en Tannie Demarlene dat julle van die begin af die ekstra myl gestap het om ons dag by julle prentjie mooi te maak. Dankie Mari dat jy soveel reëlings uit ons hande geneem het en altyd aangebied het om te help of iets te reël. Dit is die mooiste venue met die mooiste tuin!!

41936496_1813647702036822_37752833141102
46043883_2031172710303712_91189022745490

MALAN & NICOLA LAMBRECHTS

Ek en Malan wil baie graag van hierdie geleentheid gebruikmaak om vir julle BAIE DANKIE te sê.

Julle het regtig uit jul pad gegaan om dinge vir ons makliker te maak.

Julle het gehelp om ons spesiale dag 'n werklikheid te maak en daarvoor sal ons altyd dankbaar wees!

HUIS MEIRING
HUISDANS

Waar sal ek ooit die regte woorde kry om julle te bedank vir ALLES. Die aand sou nie so perfek gewees het as dit nie vir al julle hulp was nie.

 

Baie dankie vir al die ondersteuning en verstaan deur die jaar. Dit was 'n reuse voorreg gewees om die huisdans saam met julle te kon reël. Baie dankie vir al die kere wat julle uit jul pad gegaan het om my werk te vergemaklik.

Julle het werklik harte van goud!

IMG_5149.JPG
bottom of page